Monday 4 April 2016

Interaktiewe Witbord (IWB)


Ek was in ‘n werkende-klas Laerskool met geen blootstelling aan enige gevorderde tegnologie nie. Die klasse was slegs toegerus met ‘n groen bord waarop onderwysers die “chalk-en-talk” pedagogie gevolg het. My hoërskool het ook geensins gebruik gemaak van enige Interaktiewe Witbord nie omdat daar nie in besit was van hierdie gevorderde tegnologie nie alhoewel dit ‘n finansiële goedgevestige hoërskool is.

Dit het my nie in enige manier benadeel nie, maar ek het besef sedert hierdie jaar dat daar moet aangepas word met die tegnologie wêreld waarin ons onsself bevind. Die manier van klasgee het ook drasties verander sedert ek in skool was. Die lewe gaan egter nie agteruit wat tegnologie en digitale toerusting aanbetref nie so as onderwyser moet mens kan aanpas met die tegnologie.  Die interaktiewe witbord vergemaklik nie net die leerproses nie, maar bied ook die geleentheid aan om meer tyd toe te laat in die klas vir die ontwikkeling van kritiese denke.

Die interaktiewe manier waarop die witbord met leerders en opvoeders betrekking het bevorder en vergemaklik die manier van klas gee en leer. Hierdeur kan die leerders hul werk ook elektronies verkry. Die interaktiewe witbord is ‘n groot interaktiewe witbord wat konnekteer met ‘n rekenaar.

Die projektor projekteer die rekenaar se “desktop” tot die bord se oppervlakte wat gebruikers kan beheer op die bord deur gebruik te maak van ‘n pen, vinger of enige ander toestel. Die bord word gewoonlik gebruik vir opvoedkunidge instellings of enige platforms waar daar ‘n vorm van aanbiedings digitaal aangebied word. Dit is ‘n  briljante uitvindsel en ek glo in die toekoms gaan hierdie soort toerustings net verder uitbrei vir al vir opvoedkundige instansies.