Wednesday 16 March 2016

Beleef jou eie wêreld


 



In die afgelope maand of twee het ek met die idee geworstel en self begin dink oor leerder betrokkenheid in die klas. Die belangrikheid daarvan asook hoe om ʼn interaktiewe klas te inisieer.
Dit is belangrik vir my eerstens om te fokus op aktuele nuus, dinge waarvan leerders hou, dinge wat tans in die nuus en kollig is wat relevant is vir tieners en wat hulle affekteer. Ek onthou hoe ek op skool in sekere klasse die tyd verby gewens het, bloot omdat die onderwyser nie die aandag kon behou van leerders nie. Nie alle leerders se belangstelling is dieselfde nie en dit is juis daarom belangrik om verskillende komponente te inkorporeer in die klas met diverse uitgangspunte om so n bepaalde doel te bereik. Op hierdie manier word skool nie net n teoretiese leeromgewing nie, maar die belangrikste van als n omgewing waar leerders lewensvaardighede kan ontwikkel en die vermoë om te redeneer en sekere goed te bespreek onder mekaar.
Dit is belangrik om in ag te neem dat ouers soms die enigste bron van ondersteuning is vir leerders. Die meeste waardes en normes word gevestig by die huis en is grootliks die verantwoordelikheid van ouers om hierdie beginsels by leerders te kweek. Dit is belangrik om jou leerders dus beter te leer ken omdat elkeen se sienings anders is oor sekere aspekte. Dit is tog my as onderwyser se verantwoordelikheid om leerders wat nie so bevoorreg is nie te lei in die regte rigting.
Ek sal toe laat dat leerders se opinies gehoor word dat elkeen hul sê kan sê en met mekaar daaroor redeneer. Aanmoediging om deel te neem in die klas is die beste motivering vir enige leerder in die klas. Respekteer die leerders se antwoorde en gebruik positiewe kritiek eerder as om leerders persoonlik na te kom.
Ek voel veral in my skoolvak soos Lewenswetenskappe kan digitale pedagogie ʼn goeie hulpmiddel wees om leerders te betrek. Visuele beelde is uiters belangrik om konsepte realisties te visualiseer om sekere prosesse te verstaan.  Maak die ouers betrokke met leerders en ontwerp ʼn sosiale media groep op twitter of Whatsapp om so in kontak te bly met leerders en ʼn maklike bron van toegang te wees.
Laat leerders prakties goed ervaar en gebruik verskillende maniere van assessering. Nie alle leerders het die vermoë om te leer nie, maar eerder om iets prakties uit te beeld of mondelings te verduidelik.
Handhaaf dissipline sodat dit n veilige en geskikte leeratmosfeer skep vir leerders om vra te vrae en interakteer.
Doen iets waarvan die leerders hou. Speel musiek tydens die klas as n aktiwiteit voltooi moet word om so die leerder se wêreld te betree. Die belangrikste van als is vra die leerders wat hulle soek in die klas sodat hulle, hul eie reëls stel en dit uitvoer. Abby Wills se benadering sal daarom geskik wees en so kan elkeen se respons neer geskryf word en plak dit op in die klaskamer.
 

Monday 7 March 2016

Dis tyd vir aanpassing:


 

Dis tyd vir aanpassing:

As ‘n NOS student het ek die afgelope weke die kern eienskap al vervat om ‘n ware onderwyser te wees, om een beginsel te bevorder, dus die klas toe te laat om kritiese denke te bevorder. Kritiese Pedagogie word heeltemal ontbreek in die CAPS kurrikulum, met ʼn oorlading van werk in ʼn beperkte tyd, word leerders nie meer die kans gegun om vir hulle self te dink nie. ‘n Groot probleem indien studies verder vervat wil word tersiêr.

Paulo Freire skryf in die Pedagogy of the Oppressed dat onderwys moet begin met die oplossing van die onderwyser-student teenstrydigheid. Opvoedkundige standaarde beperk dus die bewussyn aan wat bedoel word met kritiese pedagogie. Ons as onderwysers moet worstel met die beperking en die kultuur van stilte en die onderwyser en leerder verhouding se rolle omdraai. Dit is tyd dat die onderwyser stil bly en leer by die leerder. Die onderwyser is die fasiliteerder en lei die leerder na die regte antwoord, maar die leerder lei die onderwyser na sy wêreld in dit wat hy/sy wil bereik.

Die kern eienskap van die Information and Communications Technology (ICT) is om ons onderrig en leer omgewings te domineer. Dit beperk dus ons digitale geletterdheid. Hierdie konsep beperk dus die siening van leerders en ontneem hulle vermoë om hul opinie daarop te lewer. Ek voel steeds sterk soos in my vorige blogs dat daar moet ‘n onderwyser en leerder verhouding wees om dus interaksie te hê met mekaar en so die denke ontwikkel van die leerders.

Die Independent Project is ‘n bewys waar stilte gebreek word – Dit het my net laat besef weereens die hoeveelheid leemtes wat gevul moet word in die CAPS kurrikulum asook sekere leemtes wat groter gemaak word vir die leerder se eie kurrikulum. Die kreatiwiteit van die leerders word in so aard beperk dat hulle glad nie die kans gegun word om weer te dink en te wees wil hulle wil wees nie. Leerders moet die kans gegun word om ons as onderwysers te lei na waar hulle wil wees, hulle potensiaal gaan soek en te doen waarvan hulle hou! Hoekom moet die twaalf jare op skool dieselfde as twaalf jare in die tronk wees. Gaan leef die lewe, dis op die einde tog net so kort !!

Tegnologiese- bemiddelde selfgerigte afstandleer is vir my tog ʼn baie sensitiewe saak waaraan ek worstel. Ek gaan volgende jaar begin werk en besluit of ek honneurs nog moet doen of nie. As ek verder sal studeer sal dit beslis deur afstandleer geskied, rede- bloot dat dit tyd is om te begin werk ook. Mens moet iewers begin so indien ek verder sal studeer sal dit ook deeltyds geskied. My enigste bekommernis is, of ek my kritiese denke sal ontwikkel in die tyd en sal daar iemand wees wat met jou kan redeneer as mens ʼn vraag sou gehad het soos wat mens in ʼn klas sou gesit het? Dit is op die anderhand ook baie goedkoper as om voltydse student te wees as eksterne kostes soos vervoerkostes, verblyf ens. in ag geneem moet word veral in die Stellenbosch gebied. As Skype en sosiale media betrek word met afstandleer is daar geen rede hoekom daar nie hierdie afstandleer ʼn kans te gee nie. Ons bly elkgeval in ʼn nuwe era waar ons moet aanpas en tegnologie op die oomblik so ver gevorderd raak of ek wonder of daar nog universiteite gaan wees oor 30 jaar...  

Ek sluit af met die quote van John Dewey soos geskryf in die Schools of To-Morrow: “we must remeber that we are dealing with a problem of readjustment, not of original creation”