Wednesday 16 March 2016

Beleef jou eie wêreld


 



In die afgelope maand of twee het ek met die idee geworstel en self begin dink oor leerder betrokkenheid in die klas. Die belangrikheid daarvan asook hoe om ʼn interaktiewe klas te inisieer.
Dit is belangrik vir my eerstens om te fokus op aktuele nuus, dinge waarvan leerders hou, dinge wat tans in die nuus en kollig is wat relevant is vir tieners en wat hulle affekteer. Ek onthou hoe ek op skool in sekere klasse die tyd verby gewens het, bloot omdat die onderwyser nie die aandag kon behou van leerders nie. Nie alle leerders se belangstelling is dieselfde nie en dit is juis daarom belangrik om verskillende komponente te inkorporeer in die klas met diverse uitgangspunte om so n bepaalde doel te bereik. Op hierdie manier word skool nie net n teoretiese leeromgewing nie, maar die belangrikste van als n omgewing waar leerders lewensvaardighede kan ontwikkel en die vermoë om te redeneer en sekere goed te bespreek onder mekaar.
Dit is belangrik om in ag te neem dat ouers soms die enigste bron van ondersteuning is vir leerders. Die meeste waardes en normes word gevestig by die huis en is grootliks die verantwoordelikheid van ouers om hierdie beginsels by leerders te kweek. Dit is belangrik om jou leerders dus beter te leer ken omdat elkeen se sienings anders is oor sekere aspekte. Dit is tog my as onderwyser se verantwoordelikheid om leerders wat nie so bevoorreg is nie te lei in die regte rigting.
Ek sal toe laat dat leerders se opinies gehoor word dat elkeen hul sê kan sê en met mekaar daaroor redeneer. Aanmoediging om deel te neem in die klas is die beste motivering vir enige leerder in die klas. Respekteer die leerders se antwoorde en gebruik positiewe kritiek eerder as om leerders persoonlik na te kom.
Ek voel veral in my skoolvak soos Lewenswetenskappe kan digitale pedagogie ʼn goeie hulpmiddel wees om leerders te betrek. Visuele beelde is uiters belangrik om konsepte realisties te visualiseer om sekere prosesse te verstaan.  Maak die ouers betrokke met leerders en ontwerp ʼn sosiale media groep op twitter of Whatsapp om so in kontak te bly met leerders en ʼn maklike bron van toegang te wees.
Laat leerders prakties goed ervaar en gebruik verskillende maniere van assessering. Nie alle leerders het die vermoë om te leer nie, maar eerder om iets prakties uit te beeld of mondelings te verduidelik.
Handhaaf dissipline sodat dit n veilige en geskikte leeratmosfeer skep vir leerders om vra te vrae en interakteer.
Doen iets waarvan die leerders hou. Speel musiek tydens die klas as n aktiwiteit voltooi moet word om so die leerder se wêreld te betree. Die belangrikste van als is vra die leerders wat hulle soek in die klas sodat hulle, hul eie reëls stel en dit uitvoer. Abby Wills se benadering sal daarom geskik wees en so kan elkeen se respons neer geskryf word en plak dit op in die klaskamer.
 

No comments:

Post a Comment