Monday 29 February 2016

Sosiale media is bo-baas!


Sosiale media is bo-baas!

Ek is soms bang vir verandering, soms bang om net ‘n ander uitdaging aan te gryp omdat dit moontlik in ‘n mislukking kan ontaard. MAAR soms moet mens daardie kanse net vat... Ek dink tog sosiale media is ‘n plek waarmee mens kan “explore” om hierdie kanse aan te gryp en leer in skole te bevorder.

In my kurrikulumstudie vakke in die Natuur- en Lewenswetenskappe kan sosiale media eintlik ‘n baie waardevolle bydra lewer. In meeste skole word selfone en elektroniese tegnologie in die klaskamers verbied, maar hoekom nie hierdie hulpmiddels juis betrek in die klaskamer nie? Gebruik die leerders dit nie in elk geval in klasse ten spyte van hierdie tipe reëls nie? Die beste aspek van die sosiale media sal ook wees dat leerders wat internettoegang het baie maklike toegang het tot inligting indien hul, hul slimfone en tablette gebruik. Dit hoef dus nie net beperk te word tot die klaskamer as hulpmiddel van leer nie, maar ook as ‘n medium om kennis uit te ruil tussen onderwysers en leerders na-ure.

In ‘n vakgebied soos Lewenswetenskappe is visuele beelde van kardinale belang om sin te maak van sekere prosesse in die liggaam en natuur. As opvoeder sal die sosiale media ‘n wonderlike platform wees om hierdie media of sketse te deel met die leerders. Dit kan ook van hulp wees om gereeld nuwe wetenskaplike ontdekkings en artikels in die veld van biologie te deel sodat leerders met die nuutste inligting en bevindinge opgedateer is.  Provenzano (2015) publiseer juis dat twitter ‘n wonderlike medium is om in kontak te bly en idees uit te ruil. Huiswerk kan getwiet word en so kan leerders op hoogte bly met belangrike aspekte.

Lewenswetenskappe bestaan uit ‘n praktiese komponent en Instagram sal ‘n prettige manier wees om foto’s en video’s te deel wat leeerders tydens praktiese periodes uitgevoer het. Op hierdie manier kan die ouers van leerders ook bewus raak van wat leerders in klaskamers doen. ‘n Facebookblad kan geskep word waar daar ook inligting gedeel word. Video’s kan ook daarop gelaai word asook aanbiedinge of klasprojekte wat leerders tydens groepwerk doen. Blogging sal die beste platform wees om ekstra inligting te deel met die leerders of om konsepte in meer detail te verduidelik as daar nie genoeg tyd in klaskamers is nie.

Sosiale media sal ook die leerders bevorder om kritiese denke te ontwikkel om sekere argumente onder mekaar uit te ruil of iets bymekaar ook te leer. Dit sal ook die leerders toegang gee (wat ek sal doen) om enige vrae direk te rig aan die onderwyser deur sosiale media indien die leerder met ‘n sekere afdeling sukkel buite skoolure.

Ek gaan beslis dit in my skool implementeer veral in my vakgebied sal dit ook die geleentheid bied aan die leerders om herinneringe te maak deur foto’s te hou en so “skool” op ‘n kreatiewe manier te stimuleer. Die grootste beperking/uitdaging gaan wees die tipe skool waar mens geplaas gaan word. Daar moet in ag geneem word dat minder bevoorregte skole en gebiede waar leerders nie die finansiële ondersteuning het nie, nie maklik hierdie tipe bronne tot beskikking gaan hê nie. Daar kan altyd na ‘n oplossing gesoek word! Leef die 21ste eeu voluit!



Wednesday 24 February 2016

#Pedagoogmynou



#Pedagoogmynou


Aanlyn-gebaseerde leer platforms word al hoe meer gewild onder ‘n tegnologie-gedrewe generasie, tog voel kenners in die gebied van digitale pedagogie dat ons nog steeds nie gereed is vir hierdie toepassing nie. Die term pedagogie is egter nie so eenvoudig soos wat daar gedink word nie. Daar word soms verkeerdelik gedink oor die term digitale pedagogie soos dat indien ‘n onderwyser inligting aanlyn digitiliseer dat hy of sy ‘n digitale pedagoog is. Dit is egter nie so eenvoudig nie. Pedagogie is ‘n veld op sy eie. Dit bevat baie meer ingewikkelde aspekte.


Dit verg leer en navorsing deur die talle maniere hoe dit aangevoer en uitgevoer kan word. Waar leer gereed is om te gebeur daar vind pedagogie plaas en dit kan in enige konteks plaasvind. Dit kan wees tussen die leerder en die onderwyser , tussen onderwyser met ‘n mede onderwyser, administrasie, joernalis en die uitvoerende hoof. Die term pedagogie bevat 3 kern aspekte. Die aspekte sluit improvisasie, tydigheid en bewustheid in. Om ‘n goeie pedagoog te wees moet hierdie drie aspekte egter ge-inkorporeer word. Pedagogie sluit ook leierskap in, wat daarop dui dat leiding geneem moet word in die spesifieke konteks waar die individu homself bevind.


Jesse Stommel beskryf digitale pedagoë so mooi, dit is ‘n titel wat n mens verdien. Dit word oor tyd aan ‘n mens toegestaan. ‘n Mens moet eers netwerke bou en selfondersoek doen om ‘n aktiewe teenwoordige deelnemer te wees en om betrokke te raak met die wereld. Met digitale pedagogie word bedoel om  met navorsing, ervaring en openheid op te tree vir elke nuwe leeraktiwiteit.


As onderwyser en opvoeder voel ek dat dit belangrik is vir individue om klas so aan te bied dat dit die leerder sal innerveer om meer te wil leer en krities oor sekere aspekte te begin dink. Die internet moet nie die uitweg wees wanneer leerders hulle hande in die lug gooi nie. Daar moet eers analiserings gedoen word. Deur klasinligting of studie materiaal beskikbaar te stel op die internet bevorder nie die kritiese denke van so ‘n leerder nie. “Teaching is not the learning of facts”


Digitale pedagogie is 'n oriëntering teenoor pedagogie wat nie noodwendig berus op die gebruik van digitale gereedskap. Harris, Croxall en Koh gebruik die frase “elektroniese elemente”. Hierdie frase ontleed die idee van opvoedkunidge tegnologie so mooi deur te verwys na die kleinste moontlike element wat onderrig en leer kan beinloed- die elektriese impuls.


Deur bietjie navorsing oor die term “Pedagoog” lees ek dat ‘n pedagoog se primêre fokus is nie net op die fokus van onderrig van die leerder nie, maar ook om die leerder met kennis toe te rus van sosiale vaardighede en kulturele normes. Daar maak ook ‘n groot deel uit vir versorging en welsyn van die kind. Dit is daarvoor belangrik dat ‘n pedagoog ook die kind moet ondersteun in hulle verstandelike en sosiale ontwikkeling.


 

Wednesday 17 February 2016

Digital pedagogy

Digitale Pedagogie:

Ons lewe in 'n nuwe era waar tegnologie en sosiale media die oorhand van ons daaglikse aktiwiteite neem. Ons sien dit in universiteite, media, besigheidswereld en selfs in kerke- tegnologie word orals gerbuik. Tegnologie het ons lewens oorgeneem en ek sal selfs sover gaan om my mening te lug dat dit die oorsaak is van 'n "lui" samelewing, want alles word vir ons gedoen en die moderne mens begin agteroor sit. Soos wat my Rekenaarvaardigheid dosent eenkeer gese het: "tegnology will always fail", dan moet ek soms dink dat die tegnologie nie altyd die chalk and teach metode sal oorneem nie, en ook nie ons lewens altyd makliker maak nie.

Paul Fyfe, verduidelik die konsep van teaching naked wat impliseer dat onderrig steeds kan plaasvind sonder die gebruik van elektronika. Die beste manier van leer vind plaas deur die interaksie tussen leerders en dosente deur gesprekvoering wat sodoende die kognisie, leer en redenerende vermoe bevorder en ontwikkel. Ek se nie tegnologie hoegenaamd sleg nie, ek waardeer die feit dat dit slegs van die mens se breinkrag ontwerp is- Dit breek my brein!

Daar moet egter net 'n fyn balans wees tussen die gebruik daarvan as onderrig metode so JA ek sal dus se unplug die digitale pedagogie, maar plug hom in wanneer die nood druk en dit voordelig gaan wees vir beide partye. Ek het al verskeie kere gesien dat opvoeders te veel staat maak op tegnologie as basis van onderrig en so nie die kind op enige vlak stimuleer nie en dus oneffektiewe leer veroorsaak..

Dit is belangrik dat ons groot word met die hedendaagse tegnologie om mense bloot te stel aan die tegnologie van vandag , maar in pedagogie is dit tog belangrik om alle aspekte van leer in te bring. Ek sien uit na die nuwe verwikkelinge in tegnologie wat vir al tot hulp sal wees in die onderwys. Laptops en tablets het vir ons bewys die belangrike hulpmiddels wat die lewe gerieflik maak in die klaskamers. Die vraag is net, gaan biblioteke nog nodig wees in die toekoms?


Blog my brein

Blog my brein

Die nuwe sosiale media breek my brein. Te veel tegnologie om by te bly met alles.

Biografie

Biografie van Deon van der Merwe

Goeie dag!

Ek is Deon van der Merwe, gebore in Port Elizabeth.
Gematrikuleer in 2012 in Port Elizabeth, Hoërskool Framesby.
Het ‘n graad in BSc Menslike Lewenswetenskap met Sielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. Tans studeer ek ‘n Nagraadse Sertifikaat ook by Stellenbosch vir Onderwys (NOS)