Wednesday 24 February 2016

#Pedagoogmynou



#Pedagoogmynou


Aanlyn-gebaseerde leer platforms word al hoe meer gewild onder ‘n tegnologie-gedrewe generasie, tog voel kenners in die gebied van digitale pedagogie dat ons nog steeds nie gereed is vir hierdie toepassing nie. Die term pedagogie is egter nie so eenvoudig soos wat daar gedink word nie. Daar word soms verkeerdelik gedink oor die term digitale pedagogie soos dat indien ‘n onderwyser inligting aanlyn digitiliseer dat hy of sy ‘n digitale pedagoog is. Dit is egter nie so eenvoudig nie. Pedagogie is ‘n veld op sy eie. Dit bevat baie meer ingewikkelde aspekte.


Dit verg leer en navorsing deur die talle maniere hoe dit aangevoer en uitgevoer kan word. Waar leer gereed is om te gebeur daar vind pedagogie plaas en dit kan in enige konteks plaasvind. Dit kan wees tussen die leerder en die onderwyser , tussen onderwyser met ‘n mede onderwyser, administrasie, joernalis en die uitvoerende hoof. Die term pedagogie bevat 3 kern aspekte. Die aspekte sluit improvisasie, tydigheid en bewustheid in. Om ‘n goeie pedagoog te wees moet hierdie drie aspekte egter ge-inkorporeer word. Pedagogie sluit ook leierskap in, wat daarop dui dat leiding geneem moet word in die spesifieke konteks waar die individu homself bevind.


Jesse Stommel beskryf digitale pedagoë so mooi, dit is ‘n titel wat n mens verdien. Dit word oor tyd aan ‘n mens toegestaan. ‘n Mens moet eers netwerke bou en selfondersoek doen om ‘n aktiewe teenwoordige deelnemer te wees en om betrokke te raak met die wereld. Met digitale pedagogie word bedoel om  met navorsing, ervaring en openheid op te tree vir elke nuwe leeraktiwiteit.


As onderwyser en opvoeder voel ek dat dit belangrik is vir individue om klas so aan te bied dat dit die leerder sal innerveer om meer te wil leer en krities oor sekere aspekte te begin dink. Die internet moet nie die uitweg wees wanneer leerders hulle hande in die lug gooi nie. Daar moet eers analiserings gedoen word. Deur klasinligting of studie materiaal beskikbaar te stel op die internet bevorder nie die kritiese denke van so ‘n leerder nie. “Teaching is not the learning of facts”


Digitale pedagogie is 'n oriëntering teenoor pedagogie wat nie noodwendig berus op die gebruik van digitale gereedskap. Harris, Croxall en Koh gebruik die frase “elektroniese elemente”. Hierdie frase ontleed die idee van opvoedkunidge tegnologie so mooi deur te verwys na die kleinste moontlike element wat onderrig en leer kan beinloed- die elektriese impuls.


Deur bietjie navorsing oor die term “Pedagoog” lees ek dat ‘n pedagoog se primêre fokus is nie net op die fokus van onderrig van die leerder nie, maar ook om die leerder met kennis toe te rus van sosiale vaardighede en kulturele normes. Daar maak ook ‘n groot deel uit vir versorging en welsyn van die kind. Dit is daarvoor belangrik dat ‘n pedagoog ook die kind moet ondersteun in hulle verstandelike en sosiale ontwikkeling.


 

No comments:

Post a Comment