Deon van der merwe
Monday, 4 April 2016
Interaktiewe Witbord (IWB)
Ek was in ‘n werkende-klas Laerskool met geen blootstelling aan enige gevorderde tegnologie nie. Die klasse was slegs toegerus met ‘n groen bord waarop onderwysers die “chalk-en-talk” pedagogie gevolg het. My hoërskool het ook geensins gebruik gemaak van enige Interaktiewe Witbord nie omdat daar nie in besit was van hierdie gevorderde tegnologie nie alhoewel dit ‘n finansiële goedgevestige hoërskool is.
Dit het my nie in enige manier benadeel nie, maar ek het besef sedert hierdie jaar dat daar moet aangepas word met die tegnologie wêreld waarin ons onsself bevind. Die manier van klasgee het ook drasties verander sedert ek in skool was. Die lewe gaan egter nie agteruit wat tegnologie en digitale toerusting aanbetref nie so as onderwyser moet mens kan aanpas met die tegnologie. Die interaktiewe witbord vergemaklik nie net die leerproses nie, maar bied ook die geleentheid aan om meer tyd toe te laat in die klas vir die ontwikkeling van kritiese denke.
Die interaktiewe manier waarop die witbord met leerders en opvoeders betrekking het bevorder en vergemaklik die manier van klas gee en leer. Hierdeur kan die leerders hul werk ook elektronies verkry. Die interaktiewe witbord is ‘n groot interaktiewe witbord wat konnekteer met ‘n rekenaar.
Die projektor projekteer die rekenaar se “desktop” tot die bord se oppervlakte wat gebruikers kan beheer op die bord deur gebruik te maak van ‘n pen, vinger of enige ander toestel. Die bord word gewoonlik gebruik vir opvoedkunidge instellings of enige platforms waar daar ‘n vorm van aanbiedings digitaal aangebied word. Dit is ‘n briljante uitvindsel en ek glo in die toekoms gaan hierdie soort toerustings net verder uitbrei vir al vir opvoedkundige instansies.
Wednesday, 16 March 2016
Beleef jou eie wêreld
In die
afgelope maand of twee het ek met die idee geworstel en self begin dink oor
leerder betrokkenheid in die klas. Die belangrikheid daarvan asook hoe om ʼn
interaktiewe klas te inisieer.
Dit is
belangrik vir my eerstens om te fokus op aktuele nuus, dinge waarvan leerders
hou, dinge wat tans in die nuus en kollig is wat relevant is vir tieners en wat
hulle affekteer. Ek onthou hoe ek op skool in sekere klasse die tyd verby
gewens het, bloot omdat die onderwyser nie die aandag kon behou van leerders
nie. Nie alle leerders se belangstelling is dieselfde nie en dit is juis daarom
belangrik om verskillende komponente te inkorporeer in die klas met diverse
uitgangspunte om so n bepaalde doel te bereik. Op hierdie manier word skool nie
net n teoretiese leeromgewing nie, maar die belangrikste van als n omgewing
waar leerders lewensvaardighede kan ontwikkel en die vermoë om te redeneer en
sekere goed te bespreek onder mekaar.
Dit is
belangrik om in ag te neem dat ouers soms die enigste bron van ondersteuning is
vir leerders. Die meeste waardes en normes word gevestig by die huis en is
grootliks die verantwoordelikheid van ouers om hierdie beginsels by leerders te
kweek. Dit is belangrik om jou leerders dus beter te leer ken omdat elkeen se
sienings anders is oor sekere aspekte. Dit is tog my as onderwyser se
verantwoordelikheid om leerders wat nie so bevoorreg is nie te lei in die regte
rigting.
Ek sal toe laat
dat leerders se opinies gehoor word dat elkeen hul sê kan sê en met mekaar
daaroor redeneer. Aanmoediging om deel te neem in die klas is die beste
motivering vir enige leerder in die klas. Respekteer die leerders se antwoorde
en gebruik positiewe kritiek eerder as om leerders persoonlik na te kom.
Ek voel veral
in my skoolvak soos Lewenswetenskappe kan digitale pedagogie ʼn goeie hulpmiddel
wees om leerders te betrek. Visuele beelde is uiters belangrik om konsepte
realisties te visualiseer om sekere prosesse te verstaan. Maak die ouers betrokke met leerders en
ontwerp ʼn sosiale media groep op twitter of Whatsapp om so in kontak te bly met
leerders en ʼn maklike bron van toegang te wees.
Laat leerders
prakties goed ervaar en gebruik verskillende maniere van assessering. Nie alle
leerders het die vermoë om te leer nie, maar eerder om iets prakties uit te beeld
of mondelings te verduidelik.
Handhaaf
dissipline sodat dit n veilige en geskikte leeratmosfeer skep vir leerders om
vra te vrae en interakteer.
Doen iets
waarvan die leerders hou. Speel musiek tydens die klas as n aktiwiteit voltooi
moet word om so die leerder se wêreld te betree. Die belangrikste van als is
vra die leerders wat hulle soek in die klas sodat hulle, hul eie reëls stel en
dit uitvoer. Abby Wills se benadering sal daarom geskik wees en so kan elkeen
se respons neer geskryf word en plak dit op in die klaskamer.
Monday, 7 March 2016
Dis tyd vir aanpassing:
Dis tyd vir aanpassing:
As ‘n
NOS student het ek die afgelope weke die kern eienskap al vervat om ‘n ware
onderwyser te wees, om een beginsel te bevorder, dus die klas toe te laat om
kritiese denke te bevorder. Kritiese Pedagogie word heeltemal ontbreek in die
CAPS kurrikulum, met ʼn oorlading van werk in ʼn beperkte tyd, word leerders nie meer die kans gegun om vir hulle self te
dink nie. ‘n Groot probleem indien studies verder vervat wil word tersiêr.
Paulo
Freire skryf in die Pedagogy of the Oppressed dat onderwys moet begin
met die oplossing van die onderwyser-student teenstrydigheid. Opvoedkundige
standaarde beperk dus die bewussyn aan wat bedoel word met kritiese pedagogie.
Ons as onderwysers moet worstel met die beperking en die kultuur van stilte en
die onderwyser en leerder verhouding se rolle omdraai. Dit is tyd dat die
onderwyser stil bly en leer by die leerder. Die onderwyser is die fasiliteerder
en lei die leerder na die regte antwoord, maar die leerder lei die onderwyser
na sy wêreld in dit wat hy/sy wil bereik.
Die kern
eienskap van die Information and Communications Technology (ICT) is om
ons onderrig en leer omgewings te domineer. Dit beperk dus ons digitale
geletterdheid. Hierdie konsep beperk dus die siening van leerders en ontneem
hulle vermoë om hul opinie daarop te lewer. Ek voel steeds sterk soos in my
vorige blogs dat daar moet ‘n onderwyser en leerder verhouding wees om dus
interaksie te hê met mekaar en so die denke ontwikkel van die leerders.
Die
Independent Project is ‘n bewys waar stilte gebreek word – Dit het my net laat
besef weereens die hoeveelheid leemtes wat gevul moet word in die CAPS
kurrikulum asook sekere leemtes wat groter gemaak word vir die leerder se eie
kurrikulum. Die kreatiwiteit van die leerders word in so aard beperk dat hulle
glad nie die kans gegun word om weer te dink en te wees wil hulle wil wees nie.
Leerders moet die kans gegun word om ons as onderwysers te lei na waar hulle
wil wees, hulle potensiaal gaan soek en te doen waarvan hulle hou! Hoekom moet
die twaalf jare op skool dieselfde as twaalf jare in die tronk wees. Gaan leef
die lewe, dis op die einde tog net so kort !!
Tegnologiese-
bemiddelde selfgerigte afstandleer is vir my tog ʼn baie sensitiewe saak waaraan
ek worstel. Ek gaan volgende jaar begin werk en besluit of ek honneurs nog moet
doen of nie. As ek verder sal studeer sal dit beslis deur afstandleer geskied,
rede- bloot dat dit tyd is om te begin werk ook. Mens moet iewers begin so
indien ek verder sal studeer sal dit ook deeltyds geskied. My enigste
bekommernis is, of ek my kritiese denke sal ontwikkel in die tyd en sal daar
iemand wees wat met jou kan redeneer as mens ʼn vraag sou gehad het soos wat
mens in ʼn klas sou gesit het? Dit is op die anderhand ook baie goedkoper as om
voltydse student te wees as eksterne kostes soos vervoerkostes, verblyf ens. in
ag geneem moet word veral in die Stellenbosch gebied. As Skype en sosiale media
betrek word met afstandleer is daar geen rede hoekom daar nie hierdie
afstandleer ʼn kans te gee nie. Ons bly elkgeval in ʼn nuwe era waar ons moet
aanpas en tegnologie op die oomblik so ver gevorderd raak of ek wonder of daar
nog universiteite gaan wees oor 30 jaar...
Ek sluit
af met die quote van John Dewey soos geskryf in die Schools of To-Morrow:
“we must remeber that we are dealing with a problem of readjustment, not of
original creation”
Monday, 29 February 2016
Sosiale media is bo-baas!
Sosiale media is bo-baas!
Ek is soms bang vir verandering,
soms bang om net ‘n ander uitdaging aan te gryp omdat dit moontlik in ‘n
mislukking kan ontaard. MAAR soms moet mens daardie kanse net vat... Ek dink
tog sosiale media is ‘n plek waarmee mens kan “explore” om hierdie kanse aan te
gryp en leer in skole te bevorder.
In my kurrikulumstudie vakke in die
Natuur- en Lewenswetenskappe kan sosiale media eintlik ‘n baie waardevolle
bydra lewer. In meeste skole word selfone en elektroniese tegnologie in die
klaskamers verbied, maar hoekom nie hierdie hulpmiddels juis betrek in die
klaskamer nie? Gebruik die leerders dit nie in elk geval in klasse ten spyte
van hierdie tipe reëls nie? Die beste aspek van die sosiale media sal ook wees
dat leerders wat internettoegang het baie maklike toegang het tot inligting
indien hul, hul slimfone en tablette gebruik. Dit hoef dus nie net beperk te
word tot die klaskamer as hulpmiddel van leer nie, maar ook as ‘n medium om
kennis uit te ruil tussen onderwysers en leerders na-ure.
In ‘n vakgebied soos
Lewenswetenskappe is visuele beelde van kardinale belang om sin te maak van
sekere prosesse in die liggaam en natuur. As opvoeder sal die sosiale media ‘n
wonderlike platform wees om hierdie media of sketse te deel met die leerders.
Dit kan ook van hulp wees om gereeld nuwe wetenskaplike ontdekkings en artikels
in die veld van biologie te deel sodat leerders met die nuutste inligting en
bevindinge opgedateer is. Provenzano
(2015) publiseer juis dat twitter ‘n wonderlike medium is om in kontak te bly
en idees uit te ruil. Huiswerk kan getwiet word en so kan leerders op hoogte
bly met belangrike aspekte.
Lewenswetenskappe bestaan uit ‘n
praktiese komponent en Instagram sal ‘n prettige manier wees om foto’s en
video’s te deel wat leeerders tydens praktiese periodes uitgevoer het. Op
hierdie manier kan die ouers van leerders ook bewus raak van wat leerders in
klaskamers doen. ‘n Facebookblad kan geskep word waar daar ook inligting gedeel
word. Video’s kan ook daarop gelaai word asook aanbiedinge of klasprojekte wat
leerders tydens groepwerk doen. Blogging sal die beste platform wees om ekstra
inligting te deel met die leerders of om konsepte in meer detail te verduidelik
as daar nie genoeg tyd in klaskamers is nie.
Sosiale media sal ook die leerders
bevorder om kritiese denke te ontwikkel om sekere argumente onder mekaar uit te
ruil of iets bymekaar ook te leer. Dit sal ook die leerders toegang gee (wat ek
sal doen) om enige vrae direk te rig aan die onderwyser deur sosiale media
indien die leerder met ‘n sekere afdeling sukkel buite skoolure.
Ek gaan beslis dit in my skool
implementeer veral in my vakgebied sal dit ook die geleentheid bied aan die
leerders om herinneringe te maak deur foto’s te hou en so “skool” op ‘n
kreatiewe manier te stimuleer. Die grootste beperking/uitdaging gaan wees die
tipe skool waar mens geplaas gaan word. Daar moet in ag geneem word dat minder
bevoorregte skole en gebiede waar leerders nie die finansiële ondersteuning het
nie, nie maklik hierdie tipe bronne tot beskikking gaan hê nie. Daar kan altyd
na ‘n oplossing gesoek word! Leef die 21ste eeu voluit!
Wednesday, 24 February 2016
#Pedagoogmynou
#Pedagoogmynou
Aanlyn-gebaseerde leer platforms word al hoe meer gewild
onder ‘n tegnologie-gedrewe generasie, tog voel kenners in die gebied van
digitale pedagogie dat ons nog steeds nie gereed is vir hierdie toepassing nie.
Die term pedagogie is egter nie so eenvoudig soos wat daar gedink word nie.
Daar word soms verkeerdelik gedink oor die term digitale pedagogie soos dat
indien ‘n onderwyser inligting aanlyn digitiliseer dat hy of sy ‘n digitale
pedagoog is. Dit is egter nie so eenvoudig nie. Pedagogie is ‘n veld op sy eie.
Dit bevat baie meer ingewikkelde aspekte.
Dit verg leer en navorsing deur die talle maniere hoe dit
aangevoer en uitgevoer kan word. Waar leer gereed is om te gebeur daar vind
pedagogie plaas en dit kan in enige konteks plaasvind. Dit kan wees tussen die
leerder en die onderwyser , tussen onderwyser met ‘n mede onderwyser,
administrasie, joernalis en die uitvoerende hoof. Die term pedagogie bevat 3
kern aspekte. Die aspekte sluit improvisasie, tydigheid en bewustheid in. Om ‘n
goeie pedagoog te wees moet hierdie drie aspekte egter ge-inkorporeer word.
Pedagogie sluit ook leierskap in, wat daarop dui dat leiding geneem moet word
in die spesifieke konteks waar die individu homself bevind.
Jesse Stommel beskryf digitale pedagoë so mooi, dit is ‘n
titel wat n mens verdien. Dit word oor tyd aan ‘n mens toegestaan. ‘n Mens moet
eers netwerke bou en selfondersoek doen om ‘n aktiewe teenwoordige deelnemer te
wees en om betrokke te raak met die wereld. Met digitale pedagogie word bedoel
om met navorsing, ervaring en openheid
op te tree vir elke nuwe leeraktiwiteit.
As onderwyser en opvoeder voel ek dat dit belangrik is
vir individue om klas so aan te bied dat dit die leerder sal innerveer om meer
te wil leer en krities oor sekere aspekte te begin dink. Die internet moet nie
die uitweg wees wanneer leerders hulle hande in die lug gooi nie. Daar moet
eers analiserings gedoen word. Deur klasinligting of studie materiaal
beskikbaar te stel op die internet bevorder nie die kritiese denke van so ‘n
leerder nie. “Teaching is not the
learning of facts”
Digitale pedagogie is 'n oriëntering teenoor pedagogie
wat nie noodwendig berus op die gebruik van digitale gereedskap. Harris,
Croxall en Koh gebruik die frase “elektroniese elemente”. Hierdie frase ontleed
die idee van opvoedkunidge tegnologie so mooi deur te verwys na die kleinste
moontlike element wat onderrig en leer kan beinloed- die elektriese impuls.
Deur bietjie navorsing oor die term “Pedagoog” lees ek
dat ‘n pedagoog se primêre fokus is nie net op die fokus van onderrig van die
leerder nie, maar ook om die leerder met kennis toe te rus van sosiale
vaardighede en kulturele normes. Daar maak ook ‘n groot deel uit vir versorging
en welsyn van die kind. Dit is daarvoor belangrik dat ‘n pedagoog ook die kind
moet ondersteun in hulle verstandelike en sosiale ontwikkeling.
Wednesday, 17 February 2016
Digital pedagogy
Digitale Pedagogie:
Ons lewe in 'n nuwe era waar tegnologie en sosiale media die oorhand van ons daaglikse aktiwiteite neem. Ons sien dit in universiteite, media, besigheidswereld en selfs in kerke- tegnologie word orals gerbuik. Tegnologie het ons lewens oorgeneem en ek sal selfs sover gaan om my mening te lug dat dit die oorsaak is van 'n "lui" samelewing, want alles word vir ons gedoen en die moderne mens begin agteroor sit. Soos wat my Rekenaarvaardigheid dosent eenkeer gese het: "tegnology will always fail", dan moet ek soms dink dat die tegnologie nie altyd die chalk and teach metode sal oorneem nie, en ook nie ons lewens altyd makliker maak nie.
Paul Fyfe, verduidelik die konsep van teaching naked wat impliseer dat onderrig steeds kan plaasvind sonder die gebruik van elektronika. Die beste manier van leer vind plaas deur die interaksie tussen leerders en dosente deur gesprekvoering wat sodoende die kognisie, leer en redenerende vermoe bevorder en ontwikkel. Ek se nie tegnologie hoegenaamd sleg nie, ek waardeer die feit dat dit slegs van die mens se breinkrag ontwerp is- Dit breek my brein!
Daar moet egter net 'n fyn balans wees tussen die gebruik daarvan as onderrig metode so JA ek sal dus se unplug die digitale pedagogie, maar plug hom in wanneer die nood druk en dit voordelig gaan wees vir beide partye. Ek het al verskeie kere gesien dat opvoeders te veel staat maak op tegnologie as basis van onderrig en so nie die kind op enige vlak stimuleer nie en dus oneffektiewe leer veroorsaak..
Dit is belangrik dat ons groot word met die hedendaagse tegnologie om mense bloot te stel aan die tegnologie van vandag , maar in pedagogie is dit tog belangrik om alle aspekte van leer in te bring. Ek sien uit na die nuwe verwikkelinge in tegnologie wat vir al tot hulp sal wees in die onderwys. Laptops en tablets het vir ons bewys die belangrike hulpmiddels wat die lewe gerieflik maak in die klaskamers. Die vraag is net, gaan biblioteke nog nodig wees in die toekoms?
Ons lewe in 'n nuwe era waar tegnologie en sosiale media die oorhand van ons daaglikse aktiwiteite neem. Ons sien dit in universiteite, media, besigheidswereld en selfs in kerke- tegnologie word orals gerbuik. Tegnologie het ons lewens oorgeneem en ek sal selfs sover gaan om my mening te lug dat dit die oorsaak is van 'n "lui" samelewing, want alles word vir ons gedoen en die moderne mens begin agteroor sit. Soos wat my Rekenaarvaardigheid dosent eenkeer gese het: "tegnology will always fail", dan moet ek soms dink dat die tegnologie nie altyd die chalk and teach metode sal oorneem nie, en ook nie ons lewens altyd makliker maak nie.
Paul Fyfe, verduidelik die konsep van teaching naked wat impliseer dat onderrig steeds kan plaasvind sonder die gebruik van elektronika. Die beste manier van leer vind plaas deur die interaksie tussen leerders en dosente deur gesprekvoering wat sodoende die kognisie, leer en redenerende vermoe bevorder en ontwikkel. Ek se nie tegnologie hoegenaamd sleg nie, ek waardeer die feit dat dit slegs van die mens se breinkrag ontwerp is- Dit breek my brein!
Daar moet egter net 'n fyn balans wees tussen die gebruik daarvan as onderrig metode so JA ek sal dus se unplug die digitale pedagogie, maar plug hom in wanneer die nood druk en dit voordelig gaan wees vir beide partye. Ek het al verskeie kere gesien dat opvoeders te veel staat maak op tegnologie as basis van onderrig en so nie die kind op enige vlak stimuleer nie en dus oneffektiewe leer veroorsaak..
Dit is belangrik dat ons groot word met die hedendaagse tegnologie om mense bloot te stel aan die tegnologie van vandag , maar in pedagogie is dit tog belangrik om alle aspekte van leer in te bring. Ek sien uit na die nuwe verwikkelinge in tegnologie wat vir al tot hulp sal wees in die onderwys. Laptops en tablets het vir ons bewys die belangrike hulpmiddels wat die lewe gerieflik maak in die klaskamers. Die vraag is net, gaan biblioteke nog nodig wees in die toekoms?
Blog my brein
Blog my brein
Die nuwe sosiale media breek my brein. Te veel tegnologie om by te bly met alles.
Subscribe to:
Posts (Atom)